Zirke Jansen en Catharina Buys , die stamouers van die Jansenfamilie van Suid-Afrika, het sewe kinders (b1 - b7) gehad. Twee hiervan, naamlik Cornelis Rudolphus (b3) en Roelof Andries (b4) , het die Jansen familienaam voortgeplant. Cornelis en Roelof het elk respektiewelik vier en drie seuns gehad wat die familienaam verder kon dra.    
   



   
   

Hierbo word slegs die name aangegee van die eerste twee geslagte van manlike afstammelinge wat die Jansen familienaam voortgeplant het ( Cornelis Rudolphus stam in pers, Roelof Andries stam in blou). Dit is interessant om daarop te let dat Cornelis geeneen van sy seuns, en Roelof eers sy tweede seun na hul vader Zirke vernoem het. Geen rede vir hierdie teenstrydigheid met die norm van die tyd kon gevind word nie. Die oudste seun is gewoonlik na die vader se vader vernoem en die tweede seun na die moeder se vader, ens. 'n Verdere anomalie is gevind in Zirke se boedelinventaris waar die twee oudste kinders nie as erfgename van sy boedel benoem is nie. Hulle word tewens nie eens genoem nie.

Die naamlys van die eerste drie geslagte van die Suid-Afrikaans gebore afstammelinge van Zirke Jansen wat tot dusver opgeteken is, volg hieronder:

a..
Zirke Jansen. Die Stamvader is omstreeks 1735 in Neustadtgödens in Oos-Friesland, naby die Noord-Duitse hawestad Wilhelmshaven gebore. Hy vertrek op 28 Des ember 1752 aan boord van die 'spiegelretoerskip', " t'Huis te Manpad ", vanaf Texel in Nederland, en arriver op 23 Maart 1753 in die Kaap as soldaat in diens van die VOC. Hy word 'n Vryburger op 22 November 1757, en vestig hom as kleremaker. Hy woon in Drakenstein, waar hy ook wynbou beoefen. Zirke is op 2 Oktober 1755 in die Kaap met Catharina BUYS getroud. Catharina was die dogter van Barend Buys, ook 'n Duitse soldaat, en Alida van den Berg. Zirke en Catharina het twee seuns en vyf dogters gehad. Hy is op 21 Des ember 1772 in Drakenstein oorlede.

b1. Lasya Rudolphina Jansen. Sy is op 11 Julie 1756 in Kaapstad gedoop en is ongetroud oorlede.

b2. Alida Elizabeth Jansen. Sy is op 24 Julie 1757 in Kaapstad gedoop en op 4 Junie 1775 met Frans Jordaan getroud.

b3. Cornelis Rudolphus Jansen. Hy is op 9 Desember 1759 te Kaapstad gedoop. Hy het as burger in Drakenstein gewoon, maar het later na die Oosgrens verhuis waar hy in die Sneeuberge naby Graaff-Reinet geboer het. Hy is op 6 April 1777 met Johanna Catharina Smit getroud. Sy is op 16 Junie 1758 gedoop. Hulle het vier seuns en drie dogters gehad.

c1. Christoffel Jacobus Jansen. Hy is op 10 Oktober 1779 gedoop. Hy is oorlede by Rietfontein, Kroonstad op 25 Februarie 1864. Hy was met Johanna Cecilia van Heerden getroud.

d1. Johanna Jacoba Catharina Jansen. Sy is op 23 Januarie 1809 gebore en op 3 April 1809 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 25 September 1836 in Kaapstad met HC Wilsenach getroud.

d2. Cornelis Alwyn Johannes Jansen. Hy is op 6 Oktober 1810 gebore en op 2 Desember 1810 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 6 Maart 1832 in Graaff Reinet met Maria Magdalena Bornman getroud.

d3. Willem Schalk Jacobus Jansen. Hy is op 30 Mei 1812 gebore. Hy is op 5 Oktober 1812 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 30 November in Graaf Reinet met Cornelia Carolina Bornman getroud.

d4. Johanna Maria Carolina Jansen. Sy is op 18 November 1813 gebore. Sy is op 20 Februarie 1814 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 4 April 1831 in Graaff Reinet met Christiaan Bornman getroud.

d5. Maria Dorothea Jansen. Sy is op 2 Junie 1815 gebore. Sy is op 30 Junie 1816 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 3 Oktober 1831 in Beaufort-Wes met Christiaan Frans Snyman, 'n wewenaar, getroud.

d6. Catharina Elizabeth Jansen. Sy is op 27 Maart 1817 gebore. Sy is op 6 Oktober 1817 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 30 November 1834 in Graaff Reinet met Johannes Jurgen Bornman getroud.

d7. Hester Elizabeth Aletta Jansen. Sy is op 15 Augustus 1818 gebore. Sy is op 6 Desember 1818 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 25 Augustus 1836 in Beaufort-Wes met Jacobus Johannes Snyman getroud.

d8. Sophia Adriana Jansen. Sy is op 20 Maart 1820 gebore. Sy is op 18 Junie 1820 in Beaufort-Wes gedoop.

d9. Martha Johanna Wilhelmina Jansen. Sy is op 29 Mei 1822 gebore. Sy is op 13 Oktober 1822 in Beaufort-Wes gedoop.

d10. Anna Susanna Catharina Jansen. Sy is op 13 Augustus 1825 gebore. Sy is op 3 Oktober 1825 in Beaufort-Wes gedoop.

c2. Maria Jacoba Jansen. Sy is op 2 Desember 1798 met Philip Carel Minnaar getroud.

c3. Cornelis Rudolph Jansen. Hy is op 11 November 1787 gedoop. Hy het aan die Sakrivier gewoon en is op 28 Januarie 1810 met Geertruy Maria Swanepoel, die dogter van Abraham Christoffel Swanepoel, getroud.

d1. Cornelis Adriaan JacobusJansen. Hy is op 12 Desember 1810 gebore. Hy is op 15 April 1811 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 16 Julie 1837 in die huwelikshof in Colesberg met Catharina Maria de Beer getroud.

d2. Geertruyda Johanna Maria Jansen. Sy is op 18 Desember 1812 gebore. Sy is op 31 Januarie 1813 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 3 Februarie 1833 in Graaff Reinet met Christiaan Servaas Herbst getroud.

d3. Johanna Catharina Elizabeth Jansen. Sy is op 9 September 1814 gebore. Sy is op 24 Februarie 1815 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 6 Maart 1831 in Graaff Reinet met Johannes Hermanus Peyper getroud. Sy is weer op 10 Maart 1863 in Colesberg met Adriaan Jacobus Pienaar getroud.

d4. Abraham Christoffel Johannes Jansen. Hy is op 6 September 1816 gebore. Hy is op 7 Oktober 1816 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 15 April 1838 in die huwelikshof in Colesberg met Maria Elizabeth Pretorius getroud.

d5. Maria Jacoba Jansen. Sy is op 8 Oktober 1821 gebore. Sy is op 24 November 1821 in Beaufort-Wes gedoop.

d6. Catharina Wilhelmina Jansen. Sy is op 27 Julie 1824 gebore. Sy is op 6 November 1825 in Beaufort-Wes gedoop. Sy is op 7 Februarie 1842 in Colesberg met Andries Johannes Peyper getroud. Sy is op 15 Julie 1865 in Colesberg oorlede.

d7. Christoffel Petrus Andries Jansen. Hy is op 21 April 1827 gebore. Hy is op 22 Julie 1827 in Beaufort-Wes gedoop.

c4. Willem Alwyn Jansen. Hy is op 12 Julie 1812 getroud met Huybrecht Elizabeth Lasya Coetzee. Hulle het elf (d1-d11) kinders gehad. Hy is weer getroud met Anna Elizabeth van Locherenberg in die huwelikshof te Colesberg op 1 April 1838 . Hulle het vier kinders (d12-d15) gehad.

d1. Willem Jacobus Johannes Jansen. Hy is op 26 November 1815 gebore. Hy is op 31 Augustus 1817 in Graaff Reinet gedoop.

d2. Magdalena Maria Jansen. Sy is op 24 Oktober 1816 gebore. Sy is op 31 Augustus 1817 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 20 April 1835 in Beaufort-Wes met Johannes Tobias Benade getroud.

d3. Cornelis Marthinus Johannes Jansen. Hy is op 16 Oktober 1818 gebore. Hy is op 6 Desember 1818 in Graaff Reinet gedoop.

d4. Johanna Catharina Jansen. Sy is op 19 Maart 1819 gebore. Sy is op 3 Oktober 1819 in Beaufort-Wes gedoop. Sy is op 5 Maart 1837 in Graaff Reinet met Barend Hendrik de Koker getroud.

d5. Jacobus Gustavus Johannes Jansen. Hy is op 24 Mei 1822 in Nieuweveld gebore. Hy is op 24 November 1822 in Beaufort-Wes gedoop.

d6. Maria Dorothea Margaretha Jansen. Sy is op 13 Desember 1824 gebore. Sy is op 27 Februarie 1825 in Beaufort-Wes gedoop.

d7. Christoffel Jacobus Jansen. Hy is op 16 Mei 1826 gebore. Hy is op 16 Oktober 1826 in Beaufort-Wes gedoop.

d8. Roelof Carel Jansen. Hy is op 16 Oktober 1827 gebore. Hy is op 10 Januarie 1829 in Beaufort-Wes gedoop.

d9. Huibrecht Elizabeth Lasya Jansen. Sy is op 14 Februarie 1848 in Colesberg met Johannes Matthys Wynand Benadie getroud.

d10. Abraham Johannes Jansen.

d11. Dirk Gustavus Johannes Jansen. Hy is in 1833 gebore en is op 10 Mei 1896 in Heilbron oorlede. Hy was met Susanna Catharina Johanna Fouché getroud.

d12. Anna Elizabeth Wilhelmina Jansen.

d13. Jacoba Maria Catharina Jansen

d14. Alwyn Nicolaas Rudolf Jansen

d15. Gideon Schalk Willem Johannes Jansen

c5. Johanna Catharina Jansen. Sy is 7 April 1791 gedoop en omstreeks 1806 met Izak Jacobus van Heerden getroud.

c6. Sophia Adriana Jansen. Sy is op 14 Desember 1794 gedoop. Sy is op 2 Desember 1810 met Petrus Jacobus Venter getroud.

c7. Roelof Johannes Jansen. Hy is op 23 April 1797 gedoop. Hy is op 5 Augustus 1821 in Beaufort-Wes met Maria Catharina Bronkhorst getroud.

d1. Johanna Catharina Cornelia Jacoba Jansen. Sy is op 14 Junie 1822 gebore. Sy is op 7 Julie 1822 in Beaufort-Wes gedoop

d2. Rudolph Johannes Jansen. Hy is op 3 Oktober 1824 gebore. Hy is op 20 februarie 1825 in Beaufort-Wes gedoop.

d3. Cornelis Lucas Jansen. Hy is op 10 November 1826 gebore. Hy is op 11 Februari 1827 in Beaufort-Wes gedoop.

d4. Hester Magdalena Jansen. Sy is op 25 Augustus 1828 gebore. Sy is op 6 April 1829 in Beaufort-Wes gedoop.

d5. Roelof Johannes Jansen. Hy is op 25 Julie 1830 gebore. Hy is op 18 September 1830 in Beaufort-Wes gedoop.

b4. Roelof Andries Jansen. Hy is op 7 Desember 1760 in Kaapstad gedoop. Hy is op 23 Augustus 1789 met Elsie Elizabeth Vlotman getroud. Hulle het vier seuns en drie dogters gehad. Hy is weer op 28 Januarie 1810 in Graaff Reinet met Geertruy Maria Swanepoel getroud.

c1. Elsie Elizabeth Jansen. Sy is op 23 Desember 1792 gedoop. Sy is op 9 Julie 1809 in Graaff Reinet met Gabriel Jacobus Vermeulen getroud.

c2. Zirkija Jacoba Jansen. Sy is op 23 Desember 1792 gedoop. Sy is op 25 Julie 1810 in Graaff Reinet met Frans Johannes Christiaan Kruger getroud.

c3. Frederik Anthonie Wilhelm Johannes Jansen. Hy is op 22 Februarie 1795 gebore. Hy is 17 Mei 1795 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 9 April 1815 in Graaff Reinet met Anna Susanna Wilken getroud. Sy is op 12 Mei 1857 oorlede. Hy is weer getroud, met Maria Elisabeth Magdalena Smit. Hy is 1 Februarie 1867 oorlede.

d1. Roelof Andries Jansen. Hy is op 8 Maart 1816 gebore. Hy is op 8 September 1816 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 22 Februarie 1835 in Graaff Reinet met Elizabeth Johanna Catharina Momberg getroud.

d2. Maria Jacoba Jansen. Sy is op 22 Junie 1821 gebore. Sy is op 12 Augustus 1821 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 17 Desember 1837 in Graaff Reinet met Marcus Johannes Fourie getroud.

d3. Elsie Elizabeth Jansen. Sy is op 6 Maart 1824 gebore. Sy is op 19 April 1824 in Graaff Reinet gedoop. Sy is op 30 Januari 1843 in Graaff Reinet met Johannes Christoffel Ackerman getroud.

d4. Ernst Johannes Jansen. Hy is op 3 September 1829 gebore. Hy is op 25 Oktober 1829 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 4 Junie 1849 in Graaff Reinet met Cecilia Anna Swanepoel getroud.

d5. Frederik Anthonie Jansen. Hy is op 2 Januarie 1833 gebore. Hy is op 10 Januarie 1833 in Graaff Reinet gedoop.

d6. Anna Susanna Jansen. Sy is op 27 Oktober 1835 gebore.

d7. Zirk Bernardus Jansen. Hy is op 17 Februarie 1838 gebore.

c4. Anna Catharina Lasya Jansen. Sy is op 29 Julie 1798 in Graaff Reinet gedoop.

c5. Zirk Bernardus Jansen. Hy is op 1 Mei 1800 gebore. Hy is op 1 Junie 1800 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 5 Maart 1826 in Graaff Reinet met Aletta Catharina Momberg getroud. Sy is op 21 April 1884 in Graaff Reinet oorlede. Hulle het nege seuns en vier dogters gehad. Hy is op 22 Februarie 1869 in die 'Withuis, Plasketstraat, Graaff Reinet oorlede.

d1. Roelof Andries Jansen. Hy is op 23 Januarie 1827 gebore. Hy is op 3 Junie 1827 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 27 November 1848 met Elsie Margaretha Niewenhuise getroud.

d2. Hendrik Lodewyk Jansen. Hy is op 17 September 1828 gebore. Hy is op 1 Februarie 1829 in Graaff Reinet gedoop.. Hy is op 25 Augustus 1851 in Graaff Reinet met Anna Francina Loots getroud.

d3. Johanna Francina Jansen. Sy is op 1 Desenber 1830 gebore. Sy is op 1 Mai 1831 in Graaff Reinet gedoop.

d4. Zirk Bernardus Jansen. Hy is op 9 September 1832 gebore. Hy is op 17 Maart 1833 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 31 Desember 1855 met Geertruida Johanna Willemse getroud. Sy is op 7 Desember 1873 oorlede. Hy is op 20 Julie 1874 weer getroud, met Johanna Catharina Carelse, weduwee Van der Merwe. Hy is op 9 Mei 1908 oorlede. Hy is op Schaapkraal, Phillipstown tussen sy twee eggenotes begrawe.

d5. Frederik Anthonie Jansen. Hy is op 8 Augustus 1834 gebore. Hy is op 28 September 1834 in Graaff Reinet oorlede.

d6. Frederik Antonie (Frikkie Withuis) Jansen. Hy is op 20 julie 1836 gebore. Hy is op 6 November 1836 in Graaff Reinet gedoop. Sy eerste huwelik was met Anna Susanna Rabie op 1 Junie 1857. Sy is op 12 Junie 1860 oorlede na die geboorte van hul eerste en enigste kind (e1). Hy is 'n tweede keer op 4 November 1861 getroud met Maryna Johanna du Toit. Hy is 'n derde keer getroud met Johanna Susara Cornelia Potgieter, 'n weduwee Viljoen. Sy is op 17 Maart 1886 oorlede. Hy is 'n vierde keer op 28 Junie 1887 met Maria Johanna Joubert getroud. Sy is op 30 Julie 1901 oorlede. Sy vyfde en laaste huwelik was met Johanna Hendrica Dippenaar, 'n weduwee Olivier ,. Hy is op 7 November 1918 oorlede.

d7. Elsje Elizabeth Jansen. Sy is op 29 Augustus 1838 gebore. Sy is op 9 Desember 1838 gedoop.

d8. Johannes Francois Jansen. Hy is op 29 Oktober 1840 gebore. Hy is op 31 Januarie 1841 gedoop.

d9. Barend Johannes Jansen. Hy is op 20 desember 1842 gebore. Sy is op 29 Januarie 1843 gedoop.

d10. Aletta Catharina Jansen. Sy is op 25 April 1845 gebore. Sy is op 15 Junie 1845 gedoop.

d11. Johanna Francina Jansen. Sy is op 8 Oktober 1847 gebore. Sy is op 5 Desember 1847 gedoop.

d12. Jan Daniël Jansen. Hy is op 25 Maart 1852 gebore. Hy is op 27 Junie 1852 gedoop.

d13. Jacob Benjamin Jansen. Hy is op 2 Februarie 1855 gebore. hy is op 9 April 1855 gedoop.

c6. Johanna Louisa Jansen. Sy is op 21 April 1803 gebore. Sy is op 21 Mei 1804 in Graaff Reinet gedoop.

c7. Roelof Andries Jansen. Hy is op 28 April 1807 gebore. Hy is op 2 Augustus 1807 in Graaff Reinet gedoop. Hy is op 23 Desenber 1832 in Graaff Reinet met Anna C. Blom getroud.

b5. Catharina Maria Jansen. Sy is op 11 Maart 1770 in die Paarl gedoop. Sy is op 1 Februarie 1795 met Christiaan Lodewyk Koning getroud.

b6. Anna Louisa Jansen. Sy is op 25 Oktober 1767 in Kaapstad gedoop.

b7. Anna Lasya Johanna Jansen. Sy is op 11 Maart 1770 in die Paarl gedoop. Sy is op 11 Januarie 1789 met Christiaan Gerhardus Rasp getroud.

   
   
______________________________________________________________________________________
   

 

free hit counter