Ten tyde van die beïndiging van die stelsel van apartheid en die vervanging van die ou wit regime met die swart terroriste organisasie, die African National Congress (ANC) as nuwe regering, was daar twee nasionale liedere in gebruik. Hierdie twee liedere was onderskeibaar per bevolkingsgroep langs dieselfde lyne as die ou rasseverdeeldheid.
"N'kosi Sikelel' iAfrica" (God Seën Afrika), geskryf en gekomponeer deur Enoch Mankayi, en wat nagenoeg dieselfde melodie en feitlik dieselfde woorde as die volksliedere van Tanzanië en Zambië (asook, voorheen, Zimbabwe) gehad het, was gewild onder die swart bevolking van Suid-Afrika. Mankayi het dit in 1897 vir sy musiekstudente geskryf. Die lied is vinnig as die “people’s anthem” aangeneem en is later deur die ANC aangeneem as die organisasie se nasionale lied.
Wit Suid-Afrikaners daarenteen, het die “Die Stem van Suid-Afrika” sedert 1920 as hul volkslied gebruik. Die lied is eers in 1957 aangeneem as die staat se nasionale volkslied. “Die Stem” se woorde is deur CJ Langenhoven, bekende Afrikaanse skrywer en politikus, geskryf, terwyl die melodie deur ML de Villiers gekomponeer is. Alhoewel “Die Stem” deur die meerderheid van die swart bevolking as te na aan die ou apartheidstelsel getipeer is, is aanvanklik in 1994 besluit om beide volledige liedere te kombineer as volkslied vir die “Nuwe Suid-Afrika”. Hierdie was egter net ‘n tussentydse maatreël en in 1997 is die twee liedere gekombineer soos volg:
Die nuwe volkslied begin met "N'kosi Sikelel' iAfrica" se eerste strofe in Xhosa en die tweede strofe in Sesotho. Hierna volg die derde strofe, bestaande uit vier lyne van “Die Stem” in Afrikaans, gevolg deur vier lyne van “Die Stem” in Engels, as die laaste strofe. Die Engelse lyne in die vierde strofe het nooit werklik in die oorspronklike Engelse weergawe van “Die Stem” voorgekom nie, maar is so in die nuwe volkslied opgeneem as ‘n verbreding van die laaste paar lyne van die eerste strofe van die oorspronklike liriek van "Die Stem", met die woorde effens gewysig om die sogenaamde nuwe vryheid van Suid-Afrika te reflekteer.