Bladsy 1 - 2 - 3 - 4 - 5 - 6 - 7 - 8 - 9 - 10

 
Zirk Bernardus Jansen (ab4c5)  

Die vyfde kind van Roelof Andries Jansen (stamvader Zirke Jansen se tweede seun) en Elsie Elizabeth Vlotman. Zirk was dus 'n kleinseun van die stamvader. Gebore op 1 Mei 1800 en oorlede op 22 Februarie 1869. Op 5 Maart 1826 getroud met Aletta Catharina Momberg. Hulle het dertien kinders gehad. Die 4de was Zirk Bernardus en die 6de Frederik Antonie (Frikkie Withuis).

Zirk Bernardus Jansen (ab4c5d4)

Die vierde kind van Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg. Gebore op 9 September 1832 en oorlede op 9 Mei 1908. Op 31 Desember 1855 getroud met Geertruida Johanna Willemse (Oorlede 7 Desember 1873. Op 20 Julie 1874 getroud met Johanna Catharina Carelse (weduwee Van der Merwe). Zirk was 'n skaapboer op sy plaas Schaapkraal in Philipstown se distrik. Hy is in die familie begraafplaas op Schaapkraal tussen sy twee vrouens begrawe. Zirk se eerste seun (by GJ Willemse) was Zirk Bernardus, later bekend as Oupa Zirk, wat die plaas Olievenfontein sou koop.

 

Frederik Antonie Jansen (ab4c5d6)

Die sesde kind van Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg. Hy was die sogenaamde Frikkie Withuis van Graaff-Reinet. Gebore op 20 Julie 1836 en oorlede op 7 November 1918 . Op 1 Junie 1857 getroud met Anna Susanna Rabie. Hulle het net een kind, Zirk Bernardus, later bekend as Oupa Langbaard, gehad. Anna is kort na die seun se geboorte oorlede en Zirk is daarna nog vier keer getroud. Daar was altesaam 13 kinders in die Withuis: 7 eie seuns en 4 eie dogters, asook 'n stiefseun en stiefdogter, die kinders van Zirke se derde vrou. Frikkie Withuis was 'n kleurryke persoon en het in die sogenaamde Withuis in Plasketstraat, Graaff-Reinet gewoon waar hy brandewyn gestook het van druiwe wat op die erf verbou is. Die Withuis stookketel word steeds in die Reinet Museum in Graaff-Reinet bewaar.

Zirk Bernardus Jansen (ab4c5d4e1)

Die eerste kind van Zirk Bernardus Jansen en Geertruida Johanna Willemse. Gebore op 23 November 1856 en gedoop op 28 Desember 1856. Op 14 Junie 1886 getroud met Anna Sophia van der Merwe. Hy het op die plaas Olievenfontein in die Phillipstown distrik geboer. Hy was later bekend as 'Oupa Zirk'. Hy is op 26 Julie 1932 oorlede en op Phillipstown begrawe.

Zirk Bernardus Jansen (ab4c5d6e1)
Bladsy 1 - 2 - 3 - 4 - 5 - 6 - 7 - 8 - 9 - 10

 

free hit counter