| |
|
Zirk Bernardus Jansen (ab4c5d6e1) |
|
|
Zirk Bernardus Jansen was die enigste kind van Frederik Antonie Jansen (Frikkie Withuis) en Anna Susanna Rabie. Hy is op 3 Desember 1858 gebore en op 10 Januarie 1859 gedoop. Hy was later bekend as 'Oupa Langbaard'. Hy is op 27 September 1880 getroud met Hendriena Cecilia Viljoen. Hulle het twee dogters en twee seuns gehad voordat Hendriena op 31 Januarie 1895, slegs 19 dae na die geboorte van hul jongste seuntjie, oorlede is. Hierdie seuntjie, Dirk Johannes, is op 12 Januarie 1895 gebore. Zirk is weer getroud op 22 Julie 1895. Sy tweede vrou was Leonarda Johanna Louw. Hulle het vyf dogters en een seun gahad. Zirk is op 25 Augustus 1943 op Beaufort-Wes oorlede en ook daar begrawe.
|
|
|
|
Frederik Antonie Jansen (ab4c5d6e1f3) |
|
Die derde kind van Zirk Bernardus Jansen (Oupa Langbaard) en Hendriena Cecilia Viljoen. Gebore op 23 Julie 1892 en gedoop op 4 September 1892 . Hy was later bekend as 'Frikkie Olievenfontein' en is as 'Aloe' deur sy kinders aangespreek. Hy is op 18 Februarie 1919 met sy kleinniggie, Anna Sophia Jansen, getroud. Hy het op die familieplaas Olievenfontein in die Phillipstown distrik geboer. Hy is op 9 September 1972 , slegs 'n dag na Annie se dood oorlede en op Phillipstown begrawe. |
|
|
|
Anna Sophia Jansen (ab4c5d4e1f3) |
|
Die derde kind van Zirk Bernardus Jansen en Anna Sophia van der Merwe. Gebore op 28 Maart 1895 en gedoop op 2 Junie 1895. Op 18 Februarie 1919 getroud met haar kleinneef, Frederik Antonie Jansen. Sy het die familieplaas, Olievenfontein waar hulle gewoon het, van haar vader geërf. Sy is op 8 September 1972 oorlede en op Phillipstown begrawe. |
|
|
|
Frederik Antonie Jansen (ab4c5d6e1f3g2) |
|
Die tweede kind van Frederik Antonie Jansen (Frikkie Olievenfontein, Snr) en Anna Sophia Jansen van Olievenfontein, Philipstown. Frederik Antonie Jansen (Frikkie, Jnr) is op 28 Februarie 1926 gebore en op 18 April 1926 gedoop. Hy is op 16 Junie 1947 getroud met Charlotta Philippina (Phyllis) Venter. Die huwelik is op 12 Augustus 1996 in die huwelikshof in Kimberley ontbind. Frikkie (Jnr) het op die plaas Bermuda in die Philipstown-distrik geboer en is as 'Frikkie Bermuda' bekend. Frikkie verhuur tans die plaas en woon op Jeffreysbaai in die Suid-Kaap.
|
|
|
|
|
| |