| |
|
Frederik Antonie Jansen (ab4c5d6e1f3g2h1) |
|
|
Die oudste kind van Frederik Antonie Jansen (Frikkie Bermuda) en Charlotta Philippina Venter (Phyllis), voorheen van Bermuda, Philipstown. Frederik Antonie Jansen (Ferdie) is op 26 Junie 1949 gebore en op 11 September 1949 gedoop. Ferdie is op 4 Januarie 1975 met Elise Breytenbach getroud. As gegradueerde Elektrotegniese Ingenieur volg Ferdie 'n loopbaan in Spoorwegsinjalering. Hy werk tans as 'n risiko konsultant vir die Britse Spoorweë. Ferdie en Elise woon in Birmingham in die Engelse Middellande.
|
|
|
|
Frederik Antonie Jansen (ab4c5d6e1f3g2h1i1) |
|
Die oudste kind van Frederik Antonie Jansen (Ferdie) en Elise Breytenbach. Frederik Antonie Jansen (Frederik) is op 1 September 1979 gebore en op 4 November 1979 gedoop. Hy is op 24 April 2004 getroud met Isolet Landey. Hy is 'n gegradueerde Optometris en bedryf sy eie mobiele oogkundige besigheid. Hy en Isolet woon in Melkbosstrand aan die Weskus naby Kaapstad.
|
|
|
|
Wynand Breytenbach Jansen (ab4c5d6e1f3g2h1i2) |
|
Wynand Breytenbach Jansen is die tweede kind van Frederik Antonie Jansen (Ferdie) en Elise Breytenbach. Hy is op 22 Junie 1981 gebore en op 2 Augustus 1981 gedoop. Hy is ongetroud en bestudeer vervoer-ekonomie en logistieke bestuur aan die Universiteit van Stellenbosch.
|
|
|
|
Johannes Venter Jansen (ab4c5d6e1f3g2h1i3) |
|
Johannes Venter Jansen is die jongste kind van Frederik Antonie Jansen en Elise Breytenbach. Hy is op 24 April 1984 gebore en op 15 Julie 1984 gedoop. Hy hou ‘n diploma in Media (Film), van Solihull College en bestudeer tans Bio-mediese Wetenskap aan die Universiteit van Wolverhampton. Johannes is ongetroud en woon by sy ouers in Birmingham, Engeland.
|
|
|
|
|
| |