Frederik Antonie Jansen
Gebore: 23 Julie 1892
Oorlede: 9 September 1972
Anna Sophia Jansen
Gebore: 28 Maart 1895
Oorlede: 8 September 1972
 



"Oor tyd en afstand heen bly Pieternella bewus van haar verbintenis met Eva. Veral wanneer 'n binnestorm in haar opsteek omdat sy wit en bruin in een lyf is. Hoe sal haar kinders lyk? Is sy werklik 'n halfslagmens, soos sy al hooghartig genoem is?"

"Maar in 'n bestel waar 'hemel en hel in een doek toegeknoop' is, kom sy daartoe om volwaardig haar plek in te neem."

...Dalene Matthee in Pieternella van die Kaap (Tafelberg, 2000)

Proloog

Inleiding

Eva

Maria

Henrietta

Ansela

Ariaantje

Helena (Kaap)

Christina

Jan

Magteld

Constantia

Claas

Helena (Timor)

Catharina (Malabar)

Anthony

Catharina (Palicatte)

Cecilia

Epiloog

Bronnelys

Terug na Tuisblad

 

Van die Skrywer

Die dokument wat volg is gebaseer op navorsing wat die skrywer gedoen het vir 'n werkstuk oor die nie-Europese voorsate van Frederik Antonie en Anna Sophia Jansen, sy grootouers aan vaderskant.  Die eerste resultate van die navorsing is in Desember 2000 in 'n werkstuk, "Die nie-Europese Voorouers van Frederik Antonie en Anna Sophia Jansen" saamgevat.   Dit wat hier aangebied word is 'n verbeterde samevatting van die oorspronklike navorsingsresultate.  Die dokument is voorts ook bygewerk met nuwe en meer resente inligting wat tot beskikking gekom het. Die skrywer verneem graag van lesers wat van mening is dat hulle kan verbeter op hierdie samevatting van beskikbare  geskiedenisfeite, of wat addisionele inligting tot beskikking het en wat kan bydra tot die verbetering van die inhoud. Alle kommentaar is welkom.  

Behalwe vir enkele uitsonderings, onder andere die skrywer se eie navorsing, is baie van die inligting wat hier weergegee word geneem uit gepubliseerde werke van erkende genealogiese navorsers.  Gepubliseerde bronne op die internet is ook geraadpleeg.  Die skrywer neem die vrymoedigheid om sodanige navorsers uit te nooi om hom te kontak indien hulle van mening mag wees dat van die inligting opgeneem is sonder voldoende erkenning aan die oorspronklike outeurs.    'n Volledige bronnelys word aan die einde van die werkstuk verskaf. 

Die dokument word ingelui met 'n kort Proloog, bestaande uit 'n bekendstelling van Frederik Antonie en Anna Sophia Jansen.  Daar word onder andere verwys na hul ouers, hul broers en susters, asook hul beroepe.

Die Proloog word gevolg deur 'n beknopte Inleiding, bestaande uit 'n verwysing na die primêre etniese groeperings van die sewentiende eeuse Suid-Afrika, asook tabelle (3 & 4) waarin die nie-Europese genetiese komponent in die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen opgesom is.

Die res van die werkstuk bestaan uit individuele besprekings van elk van die bekende nie-Europese voorsate.  In elke geval word die bespreking ingelui met 'n afkomstabel om aan te toon op welke wyse F.A. en/of A.S. Jansen aan die betrokke voorsaat skakel.  Ten einde herhaling te voorkom weens die gemeenskaplikheid van inligting, word die afkomstabelle by die agtergrootouers se generasie soos volg onderbreek:

Nie-Europese voorsaat

à      "Periode 1" (Diagramme 1 tot 22)

à      Agtergrootouers van F.A. & A.S. Jansen

à      "Periode 2" (Tabelle 1 en 2)

à      F.A. & A.S. Jansen

 

"Periode 1" word in detail bespreek in die betrokke hoofstuk vir elke nie-Europese voorsaat, terwyl "Periode 2" net een keer bespreek word in die Inleiding.

Ferdie Jansen

Solihull, Engeland

1 Oktober 2004

Proloog

Inleiding

Eva

Maria

Henrietta

Ansela

Ariaantje

Helena (Kaap)

Christina

Jan

Magteld

Constantia

Claas

Helena (Timor)

Catharina (Malabar)

Anthony

Catharina (Palicatte)

Cecilia

Epiloog

Bronnelys

Terug na Tuisblad

 

Proloog

Frederik Antonie (Frikkie) Jansen is op 23 Julie 1892 in Hanover gebore. Frikkie was die derde kind van Zirk Bernardus Jansen ("Oupa Langbaard") en Hendriena Cecilia Viljoen. Sy ouers het hom op 4 September 1892 in Hanover laat doop. Frikkie se vader het verskeie beroepe beoefen. Hy was onder andere transportryer, boer en waterfiskaal. Na sy aftrede het Zirk by sy dogter op Beaufort-Wes gewoon. Hy is op 25 Augustus 1943 oorlede en is in Beaufort-Wes begrawe. Frikkie se moeder is kort na die geboorte van haar vierde kind, Dirk Johannes, oorlede. Frikkie was toe skaars twee jaar en ses maande oud. Hy het ook twee susters, Hendriena Cecilia (Hennie) en Anna Susanna Francina (Annie) gehad. Frikkie se vader is binne 'n jaar na sy eerste eggenote se dood weer getroud met Leonarda Johanna Louw. Uit hierdie huwelik is vyf dogters en 'n seun gebore: Hester Cecilia (Hester), Zirkie Bernarda (Zirkie), Leonarda Johanna (Lenie), Johanna Petronella (Joey), Aletta Catharina (Lettie) en Leonard Johannes (Leonard).

Anna Sophia (Annie) Jansen is op 28 Maart 1895 in Philipstown gebore. Sy was die derde kind van Zirk Bernardus Jansen ("Oupa Zirk") en Anna Sophia van der Merwe ("Ouma Vita"). Annie is op 2 Junie 1895 in Philipstown gedoop. Haar vader het Olievenfontein, die familieplaas gekoop, en was dus die eerste Jansen eienaar van die plaas. Hulle het hier geboer tot met hul aftrede. Zirk is op 26 Julie 1932 in sy huis in Sophiastraat, Philipstown, oorlede. Annie het twee susters en 'n broer gehad: Johanna Catharina (Johanna), Gertruida Johanna (Truia) en Zirk Bernardus (Seun).

Frikkie en Annie se onderskeie Jansen-oupas, Frederik Antonie Jansen (die sogenaamde "Frikkie Withuis" van Plasketstraat, Graaff-Reinet) en Zirk Bernardus Jansen, was broers. Verwys na Tabelle 1 en 2 in die Inleiding hieronder. Die twee broers se ouers (Frikkie en Annie se gemeenskaplike oupa- en ouma-grootjie), Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg, was self neef en niggie. Oupagrootjie Zirk Bernardus Jansen, se moeder (Elsie Elisabeth Vlotman), en oumagrootjie, Aletta Catharina Momberg, se moeder (Johanna Francina Vlotman), was eie susters. Hierdie gemeenskaplike oupagrootjie van Frikkie en Annie, Zirk Bernardus Jansen, was 'n kleinkind van stamvader Zirke Jansen Die stamvader was oorspronklik vanaf Neustadtgödens, 'n geskiedkundige klein dorpie naby Wilhelmshaven in Oos-Friesland, Duitsland. Zirke het in 1753 as soldaat in diens van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie na die Kaap gekom en hom as kleremaker en wynboer in Drakenstein (Paarl) gevestig.

Olievenfontein, die Jansen familieplaas in die distrik van Phillipstown.

 

Frikkie en Annie is op 18 Februarie 1919 in Philipstown getroud. Hulle het op die familie-plaas Olievenfontein, in die Philipstown-distrik geboer. Annie is op 8 September 1972 oorlede, en Frikkie die volgende dag, op 9 September 1972. Beide is in Philipstown begrawe.

Drie kinders is uit die huwelik gebore: Zirk Bernardus (gebore 10 Augustus 1920), Frederik Antonie (gebore 28 Februarie 1926) en Anna Sophia (gebore 11 Oktober 1937).

top


Inleiding

Volgens Heese (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.15) was daar tot voor die stigting van die Europese nedersetting aan die Kaap vier duidelik onderskeibare etniese groeperings aan die Suidpunt van Afrika.

Die eerste groep was die Bantoes van die Oostelike streke van die land. Weens hulle sterk politieke, ekonomiese, sosiale en militêre struktuur en weens die feit dat hulle veeboerdery, sowel as landbou be-oefen het, het hulle die boonste laag van die inheemse bevolkingsgroepe gevorm.

Volgende was die Khoi, wat by uitstek 'n veebesittersgroep was en wat in die Kaap en Karoo gewoon het. Hulle het 'n semi-nomadiese bestaan gevoer en het met hulle vee agter die beskikbare weiding in die droë landstreke rondgetrek.

Derdens was daar die San-groepe. Hulle was jagters en hulle welvaart is bepaal deur die teenwoordigheid van wild. Hulle het na aan die natuur geleef en het nie die kennis van onderwerping van die natuur soos landbou en veeteelt besit nie. Deur die gebruik van pyl en boog vir jagdoeleindes, asook uitgebreide veldkennis, het hulle die ekologiese stelsel grootliks onversteurd gelaat.

Die laaste groep was die Khoi-San. Dit was afstammelinge van die Khoi wat hulle veebesit verloor het en die gewoontes van die San aangeneem het. Behalwe vir die fisiese vermenging tussen Khoi en San, was daar ook kulturele vermenging. Hulle was bekend vir hul rooftogte op die ander groepe, maar ook op die nuwe nedersetters sedert 1652. Na die volksplanting is die volkereverskeidenheid uitgebrei deur die vestiging van blanke Europeërs en 'n daaropvolgende voortdurende stroom van Wes-Europeërs na die Kaap. Kort op die hakke van die Europeërs het die grootskaalse invoer van slawe vanuit veral Indië en Indonisië gevolg.

Die situasie was geskik vir die fisiese en kulturele vermenging van al hierdie verskillende groepe. In die Kaapse skiereiland self was daar aanvanklik slegs die Khoi-stamme en die blanke Kompanjie-amptenare. Die Khoi-stamme het die blanke amptenare op finansiële vlak oorskadu omdat hulle selfvoorsienend was ten opsigte van lewensbehoeftes en voedsel. Daarenteen was die deursnee blanke soldaat of matroos in die laer range dikwels 'n persoon wat in totale armoede geleef het en op die Kompanjie aangewese was om 'n bestaan te voer. Die slawe het voorts ekonomies en kultureel spoedig deel van die Europese samelewing aan die Kaap geword. Die oneweredige verhouding tussen blanke mans en vroue ten opsigte van get all e, het fisiese vermenging tussen blanke mans en slavinne (veral Indies) en ook Khoi vroue tot gevolg gehad. Die kinders uit hierdie verbintenisse is grootliks in die blanke samelewing opgeneem.

Verskeie navorsers het gedurende die twintigste eeu, en veral tydens die periode wat gevolg het op die Nasionale regerings-oorname in 1948, gepoog om uitspraak te lewer oor die vermenging van rasse in die voorgeslagte van die Afrikanervolk. Sekere uitsprake, onder andere díe van A.P. Treurnicht in sy werk "Credo van 'n Afrikaner", het gepoog om Europese rassesuiwerheid van die Afrikaner-volk aan te dui. Laasgenoemde tipe uitsprake staan egter in skrille kontras met die bevindinge van navorsers wat die graad en omvang van ras-vermenging in die vroëe ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika probeer bepaal het (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.2).

Weens die heldeverering wat daar vir die Boere-volk in Europa bestaan het tydens en na die afloop van die Anglo-Boere oorlog, het dr. H.T. Colenbrander hom in 1902 daarop toegespits om die Nederlandse, Duitse en Franse aandeel in die samestelling van die Afrikanervolk vas te stel. Volgens sy berekening was die gekleurde komponent minder as 1% (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.2).

Alhoewel hy nie soos Colenbrander persentasies probeer bereken het nie, het dr. J. Hoge in 1946 die hoë voorkoms van rasgemengde huwelike onder veral die Duitse immigrante beskryf (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, p.2).

Dr. J.A. Heese het in 1971 op 'n wetenskaplike wyse bevind dat gemiddeld 7% van all e Afrikaners se stamouers van gekleurde afkoms is (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.3).

In die meegaande werk is, anders as in die geval van bogenoemde navorsing, gepoog om 'n berekening te doen van die persentasie per persoon waarvoor gekleurde afkoms bewys kon word. So is de facto bewys gevind dat die nie-Europese aandeel in die afkoms van

Frederik Antonie Jansen
a.b4.c5.d6.e1.f3

Gebore 23/07/1892; Gedoop 4/09/1892; Getroud 18/02/1919; Oorlede 9/09/1972,

en 

Anna Sophia Jansen
a.b4.c5.d4.e1.f3

Gebore 18/03/1895; Gedoop 2/06/1895; Getroud 18/02/1919; Oorlede 8/09/1972,

onderskeidelik op 8,3% en 8,0% gestel kan word. Hier is gebruik gemaak van 'n berekeningsmetode wat deur dr. H.F. Heese van die Wes-Kaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing voorgestel is (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.12).

Huwelike tussen persone van gekleurde afkoms en Europese immigrante, burgers en besoekende skeepslui aan die Kaap het vry algemeen voorgekom onder die Hollandse bewind. Die eerste van hierdie huwelike het in 1656 plaasgevind en die tweede in 1658. Aanvanklik was die voorkoms van sulke huwelike beperk, maar daar was 'n merkbare toename in die agtiende eeu tot 1795. Die eerste voorkoms van so 'n huwelik onder die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen was díe van Pieter van Meerhof (vanaf Kopenhagen, Denemarke) en Eva Krotoa ('n Khoi boorling van die Kaap) in 1664.

Die afkoms van F.A. & A.S. Jansen is gerekonstrueer deur die voltooiing van 'n kwartierstaat vir alle voorsate tot en met elke stamouer (vader en moeder), en insluitend die land van herkoms van elk. Die onderskeie persentasies van 8,3 en 8,0 is die uitvloeisel van die voorkoms van sestien individuele nie-Europese voorsate onder hul gesamentlike voorgeslagte. In terme van die genetiese oorsprong is gevind dat die 'nie-Europese' voorsate afkomstig was vanaf die Kaap (gebore aan die Kaap, 7), Indië (Malabar, Bengale en Palicatta, 6) en Maleisië (Timor, 1). Een persoon (Eva) is afkomstig van die Khoi inheemse bevolking en een persoon (Jannetje Kemp) is van onbekende oorsprong, maar wel nie-Europees (Groep Sonder Grense, H.F. Heese, 1984, p.56).

Diegene wat gebore is "aan die Kaap" was meesal die gevolg van ras-vermenging tussen blankes en die inheemse bevolking, blankes en slawe (Negers, Indies en Maleis-Polinisies) en slawe onderling. Daar het ook vermenging tussen die slawe en die Khoi inboorlinge plaasgevind.

Die vreemde genetiese materiaal onder die Europese bevolking aan die Kaap het egter vinnig "verdun". Die nasate van die nie-Europese/Europese verbintenisse is onder die Europese bevolking opgeneem en huwelike van kinders van gemengde afkoms was gewoonlik met Europeërs. Die "verdunning" van die gekleurde genetiese materiaal is egter in sommige gevalle vertraag deur familie-ondertrouery of deur met ander persone te trou wat ook van gemengde afkoms was. In die geval van F.A. & A.S. Jansen is daar voorkoms van beide hierdie tendense.

As voorbeeld van huwelike van gekleurde nasate onder mekaar, kan genoem word dat die nageslag van Eva (Khoi) by vyf geleenthede teruggetrou het onder mekaar in die Jansen voorgeslagte. Net so kom die nageslag van Maria van die Kaap vyf keer in die Jansen voorgeslagte voor. Ander voorbeelde is die van Jan Jacobs, asook Arriaantje van Cathryn, wie se nageslagte elk twee keer teruggetrou het. Op dieselfde wyse het Bartholomeus Zaaiman (afstammeling van Eva) in 1741 met Anna van Billion (afstammeling van Maria van die Kaap) getrou. Etlike sodanige voorbeelde kan in die kwartierstaat van F.A. & A.S. Jansen gevind word.

Die frekwensie van ondertrouery in F.A. & A.S. Jansen se voorgeslagte was besonder hoog. F.A. & A.S. Jansen was byvoorbeeld eie klein-neef en klein-niggie met dieselfde oupa- en oumagrootjie aan beide se vaderskant. Hierdie selfde oupa- en oumagrootjie (Zirk Bernardus Jansen en Aletta Catharina Momberg) was voorts eie neef en niggie, met dieselfde oupa en ouma aan beide se moederskant. Zirk Bernardus en Aletta Catharina se moeders was susters en kinders van Frederik Antonie Vlotman en Aletta Catharina Zaaiman (agter-agter kleinkind van Eva). Hierdie is 'n mooi voorbeeld van hoe die "verdunning" van die gekleurde genetiese materiaal deur ondertrouery vertraag word.

Ten einde 'n volledige beeld te kan gee, volg hierna 'n bespreking van die beskikbare inligting oor elk van die sestien gekleurde voorsate van F.A. & A.S. Jansen. Daar word voorts gepoog om met afstammingsregisters aan te dui wat die verbintenis van F.A. & A.S. Jansen met hierdie voorsate is.

Van die sestien agter-grootouers van F.A. & A.S. Jansen (verwys na Tabelle 1 en 2), is dit slegs Michieles Christoffel van der Merwe en Anna Francina Joubert wat van suiwer Europese afkoms was. Die nie-Europese voorouers in die voorgeslagte van die oorblywende veertien agter-grootouers word in Tabel 3 hieronder gelys.


Tabel 1. Afkoms van Frederik Antonie Jansen (a.b4.c5.d6.e1.f3)

 

Tabel 2. Afkoms van Anna Sophia Jansen (a.b4.c5.d4.e1.f3)

 

Tabel 3. Die nie-Europese voorouers, hul etniesiteit en plek van herkoms.

 

In Tabel 4 hieronder verskyn 'n lys van al sestien agter-grootouers van F.A. en A.S. Jansen, tesame met die persentasie nie-Europese afkoms van elk. Hierdie persentasie is gebaseer op die berekeningsmetode soos voorgestel deur Dr Heese in sy boek waarna hierbo verwys is. Die berekening is voorts slegs gebaseer op die aantal nie-Europese voorsate waarvoor daar bewyse vir hulle bestaan in die bloedlyn van F.A. & A.S. Jansen gevind kon word.

Tabel 4. Persentasie nie-Europese komponent in die voorgeslagte van F.A. & A.S. Jansen en hulle sestien agter-Grootouers.

Zirk Bernardus Jansen (links, 'n kleinseun van die stamvader, Zirke Jansen, en die vader van Frederik Antonie Jansen, "Frikkie Withuis") en Johannes Gerhardus Petrus Carelse (regs), die enigste agter-grootouers van F.A. & A.S. Jansen van wie fotos behoue gebly het. Toevallig is J.G.P. Carelse ook die agter-grootouer met die grootste persentasie nie-europese afkoms (28.2%). J.G.P. Carelse is A.S. Jansen se moeder (Anna Sophia van der Merwe, "Ouma Vita") se oupa aan moederskant. Zirk Bernardus, daarenteen, se moeder, Elsie Elisabeth Vlotman, was 'n kleindogter van die agterkleinkind van die bekendste van al die nie-Europese voorouers van A.S. Jansen, Eva Krotoa, 'n Khoi boorling van die Kaap uit die tyd van Jan van Riebeeck.


 

free hit counter